Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sir David Graaff oorlede

Sir David Graaff (74) is Saterdagoggend in sy huis op De Grendel-wynlandgoed, Kaapstad,  oorlede.

Dié oudpolitikus, sakeman en boer is ná ’n kort siekbed aan kanker oorlede, het sy vrou lady Sally gesê.

Graaff word oorleef deur sy vrou en vier kinders – De Villiers, Robert, Leeza en David-John (Johnny) .

Hy was in die negentigerjare adjunkminister van handel en nywerheid. Hy was ook van 1987 tot 1998 ’n lid van die parlement.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.