Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Solly Ozrovech (88) sterf
Solly Ozrovech Foto: Argief

Ds. Solly Ozrovech (88) is vroeg Woensdagoggend oorlede.

Dié afgetrede predikant en skrywer van Christelike boeke het aan hart- en nierversaking gesterf.

Sy seun, Francois Ozrovech, het gesê sy pa het sowat twee weke gelede ’n groot hartaanval gehad. Hy is toe in die hospitaal opgeneem.

Hy word deur sy eggenoot, Louise, vier kinders, agt kleinkinders en vier agterkleinkinders oorleef.

Hy het vier jaar gelede ook ’n hartaanval gehad. Daarna was sy gesondheid nooit weer dieselfde nie, het Ozrovech jr. gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.