Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spina bifida kan dié laaitie nie onderkry

Al sal hy blykbaar nooit in sy lewe kan loop nie, laat Frayden Hart hom nie deur sy sindroom afsit nie.

Dié seuntjie van 18 maande is met die seldsame sindroom spina bifida, oftewel ’n kongenitale spleet, gebore.

Sy ma, Denise Hart (21), en pa, Frans Maritz (23), van Welkom in die Vrystaat, het met Frayden se geboorte agtergekom iets is fout.

“Frans het die dokters gevra wat op sy rug is, want die gagga-plekkie het nie goed gelyk nie,” het Denise gesê.

“Dit het gelyk soos ’n tong wat aan sy rug hang.”

Maar “die Here het só mooi na ons seuntjie gekyk”.

Denise sê met baie gebede het die “gagga-plekkie” beter geraak.

“Frayden is ’n regte klein fightertjie, hoor. So ons los dit alles net in die Here se hande. Ons hoop dat hy eendag normaal, met ’n rolstoel, sal kan funksioneer.’

Frayden se verstand makeer egter niks nie.

“Hy is nog nie twee jaar oud nie, maar hy is klaar baie intelligent.

“Sy verstand is 100%. Hy is ’n baie slim laaitie. Dis maar net sy lyf wat nie reg ontwikkel nie.”

Frayden moes vroeër dié week ’n operasie ondergaan waar hulle sy kleinbrein, “wat in die ruggraat afbreek”, moes regmaak.

“Hulle sou sy hele ruggie oopgesny het, die senuwee geknip het en dit so reggemaak het, maar omdat dit nie ’n noodoperasie is nie, het die dokters dit nie gedoen nie.”

Sy sê die toerusting en die dokter wat die operasie moet doen, was ook nog nie in Bloemfontein nie.

“Omdat Frayden so klein is, is daar net ’n professor van die Kaap wat die operasie kan uitvoer.

“So die dokter in Bloemfontein sal my weer in November iewers bel om ’n datum vir die operasie vas te maak.”

Frans kontroleer die voorraad by ’n drankwinkel in Welkom, maar Denise bly by die huis om na Frayden om te sien.

Wat is spina bifida?

Spina bifida beteken letterlik “gesplete ruggraat”.

Dit gebeur wanneer die ongebore baba se ruggraat nie al die pad sluit en vasgroei nie.

Volgens die Spina Bifida Association se webtuiste is die oorsaak van dié sindroom nog onseker.

“Wetenskaplikes glo dat dit genetiese asook omgewingsfaktore is wat dié toestand veroorsaak.”

Daar is drie verskillende grade.

Frayden het die tweedegraadse toestand, miëlomeningoseel.

Dit beteken dat vog op sy brein opbou weens die abnormaliteite van sy ruggraat.

Daarom moet hy ’n omtakking kry wat die vog van sy brein na sy maag kan dreineer sodat hy die vog soos urine kan afskei en nie breinskade kry nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.