Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
St Helena-lughawe gaan Kaap ook baat

KAAPSTAD - Die eiland St Helena kan binnekort 'n gesogte toeristebestemming vir Kapenaars word.

Brittanje het homself daartoe verbind om 'n lughawe ter waarde van 250 miljoen Britse pond op St Helena-eiland te bou en die projek is al sedert verlede jaar aan die gang.

Die eiland kan slegs per boot bereik word. 

Die goewerneur van St Helena, Mark Capes, is tans op besoek aan Kaapstad. Hy sê die nuwe lughawe gaan baie geleenthede in die toerismebedryf vir Wes-Kaapse maatskapye oopstel.

'"Ons gaan hotelle en ander ontspanningsfasiliteite ontwikkel".

Die lughawe behoort in 2015 voltooi te wees. Die vlug Vanaf Kaapstad sal vyf uur duur.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.