Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tannie ry ‘asof sy oorsee is’
’n Motoris ry Dinsdagoggend op die R44 naby die Lord Charles-hotel in Somerset-Wes teen die verkeer in die verkeerde baan. Verbaasde motoriste het voor haar padgegee en vir haar getoet. Foto: ERICA JORDAAN

’n Buitelandse motorbestuurder het eergister letterlik en figuurlik die pad byster geraak.

Hoe sy teen die verkeer in die verkeerde baan van die pad gery en nie vir die aankomende voertuie uitgedraai het nie, was vir motoriste op die R44 tussen die Lord Charles-hotel en die Somerset Mall-winkelsentrum ’n kopkrapper. 

Hoewel verskeie motoriste vir haar getoet en hul hoofligte geflikker het om te wys dat sy in die verkeerde baan ry, het sy haar nie aan hulle gesteur nie.

“Die flink optrede van ’n barmhartige samaritaan verdien erkenning. Hy het ’n ongeluk voorkom,” het Erica Jordaan, wat Dinsdag kort voor 11:00 op die R44 gery het, gesê.

Sy was van Stellenbosch na Somerset-Wes onderweg toe sy sien dat ’n motor van voor na haar aangery kom.

“Sy het kruipend gery, maar nie gestop nie,” het Jordaan gesê. “Die samaritaan, Kenny Clark, wat in die baan langs ons gery het, het sy bakkie op die middelman geparkeer en uitgespring om die vrou te help.

“Sy het Duits begin praat en dis toe dat hy besef hoekom sy hom nie kan verstaan nie.”

Jordaan het gesê sy het ook uit haar motor gespring om die voertuie agter haar te stop.

“Clark het die vrou aangesê om oor te skuif en hy het agter die stuur ingeklim, die motor omgedraai en in die regte rigting gery. Hy het manalleen die hele verkeersophoping onder beheer gebring en die tannie op die regte pad geplaas.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.