Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tehuis open kamer wat oues se sintuie stimuleer
’n Inwoner van die Willow Haven-aftreeoord se sorgsentrum bekyk haarself in die spieël in die oord se multi-sensoriese eenheid. Foto: Anneline Reutenbach

“Ek het die eerste keer in ’n lang tyd weer gevoel asof iemand werklik na my luister en spesifiek met mý praat.”

Só het ’n bejaarde inwoner van die Willow Haven-aftreeoord in Pretoria met die opening van ’n multi-sensoriese kamer in dié ouetehuis gesê.

Die doel van dié “kamer” is om inwoners met demensie se lewenskwaliteit te verbeter. Dit bestaan uit vier huisies wat opgerig is op ’n binnenshuise houtdek, elk volgens ’n spesifieke tema ingerig.

Die oorspronklike konsep van ’n “Snoezelen kamer” het in Holland posgevat en fokus op die optimale stimulering van sintuie deur musiek, liggies en helderkleurige bykomstighede.

“Sommige van die artikels in die kamer sal ook help om sekere herinneringe te aktiveer, maar die optimale doel van die kamer is om die pasiënte ’n beter lewenskwaliteit te gee en te voorkom dat hulle nie net sit en wag om dood te gaan nie,” het Denise Fredericks, koördineerder van Alzheimer Suid-Afrika gesê.

“Ons gebruik ons sintuie om te kommunikeer, daarom is dit moeilik vir pasiënte met Alzheimer en ander vorms van demensie om te kommunikeer omdat sommige van hul sintuie verlore gaan,” het Fredericks gesê.

“Die belangrikste doel van die kamer is egter om pret te hê en inwoners in ’n goeie luim te sit,” het Sonja Smit, begrafnisondernemer van Pretoria en dryfkrag agter die projek, gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.