Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tereza Troskie trou weer
Oud me. Suid-Afrika Tereza Troskie en Bennie Herbst by hulle trou dag in Bloemfontein. Foto's Francois Heydenrych Storie: Piet Matipa| Foto: Francois Heydenrych

Die troue was baie skielik, het die stralende mev. Herbst, wat op haar dag Mev. Suid-Afrika was, die afgelope week aan Rapport gesê.

God het een aand in die kerk met Bennie, deesdae ’n streek- verkoopbestuurder van ’n groot maatskappy, gepraat en toe weet hy die tyd is reg.

“Ek sou niks wou anders hê nie,” sê Tereza.

Tereza en Bennie Herbst op hul troudag.| Foto: Francois Heydenrych
Age is only an attitude

Rapport het destyds berig hoe Boet en Tereza nog die aand voor Kersfees in 2001 hul huweliksbeloftes hernu het.

Slegs weke daarna het sy saam met Bennie Mosselbaai toe gegaan, hoewel albei volgehou het hulle is net vriende.

Die Troskies is in Mei 2002 geskei.

“Ek en Boet kom nou baie goed oor die weg,” sê Tereza.

Die Herbst-egpaar het voor 120 gaste “wat met die hand uitgekies is” by Tuscan Rose in Bloemfontein getrou.

“Die seremonie gaan gewoonlik oor die bruid, maar hierdie een het oor albei van ons gegaan. Dit was ’n viering van vriendskap.”

Op haar troudag was sy egter die middelpunt van aandag met haar rok van R40 000 van kristalle en vere wat in slegs vier dae “bymekaargesit is”.

Tereza sê sy het geweet ­Bennie is die persoon met wie sy die res van haar lewe wil deurbring toe hy baie goed met haar seun, James (16), oor die weg gekom het. “Ek het vir hom (Bennie) gesê ek kom in ʼn pakket. Bennie en my seun het ’n baie goeie verhouding en spesiale vriendskap.”

Die verskil van tien jaar tussen Bennie en Tereza is ook niks nie, sê sy.

“Age is only an attitude.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.