Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
48ste ter wêreld
The Test Kitchen in Woodstock Afrika se top-restaurant
Die Brits-gebore sjef Luke Dale-Roberts staan aan die hoof van The Test Kitchen in Woodstock. Foto: The Test Kitchen
Die gesellige atmosfeer in The Test Kitchen is een van die groot trekpleisters vir smulpape. Foto: The Test Kitchen

KAAPSTAD. – Die Kaapse restaurant The Test Kitchen is as een van die top-50 restaurante in die wêreld aangewys.

Die toekennings van die Pellegrino Top-50 Restaurante ter wêreld is Maandagaand in Londen aangekondig.

The Test Kitchen, wat in the Old Biscuit Mill in Woodstock geleë is, is nommer 48 op dié lys.

Die lys word saamgestel deur die stemme van 900 koskenners wêreldwyd.

Altesaam 28 van die top-restaurante is in Europa geleë. The Test Kitchen is die enigste restaurant van Afrika wat die top 50 gehaal het en het daarom ook die prys as die beste restaurant in Afrika losgeslaan.

The Test Kitchen word besit deur die Brits-gebore sjef Luke Dale-Roberts, wat sedert 2006 in Kaapstad woon. Hy was voorheen uitvoerende sjef by die gewilde La Colombe-restaurant op die Constantia Uitsig-wynlandgoed, waar hy (en die eetplek) verskeie pryse losgeslaan het.

Hy het The test Kitchen in November 2010 in Woodstock begin en 'n jaar later die toekenning as Sjef van die Jaar in die Eat Out/DStv Food Network-kompetisie ontvang. The Test Kitchen het in 2012 van die nr.2-posisie na die boonste plek gespring as Eat Out/DStv Food Network se Restaurant van die Jaar.

Vir meer inligting oor The Test Kitchen, besoek die ​webruimte.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.