Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Thuli Madonsela wil nie nou reageer op Nkandla-verslag
Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer.

Die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, wil nie dadelik kommentaar lewer op die bevindinge in die Nkandlaverslag wat Donderdagmiddag bekend gemaak is nie.

“Ons het ooreengekom om nie vandag iets daaroor te sê nie,” het haar woordvoerder, Oupa Segalwe, gesê.

Lees ook: Zuma se regte is geskend, sê Nathi Nhleko

Die minister van polisie, Nathi Nhleko, het onder meer bevind pres. Jacob Zuma hoef nie 'n sent terug te betaal vir opgraderings aan Nkandla nie.

Die openbare beskermer se verslag wat in Maart verlede jaar bekend gemaak is, het bevind dat Zuma onbehoorlik gebaat het uit die opgraderings en dat hy 'n redelike bedrag” van die staatsgeld wat bestee is, moet terugbetaal. 

 ​News24

Opinie: Is dit nou die einde van die Nkandla-debakel?

Adriaan Basson lewer kommentaar op die bevindinge in die Nkandlaverslag wat Donderdagmiddag deur die minister van polisie, Nathi Nhleko, bekend gemaak is.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.