Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toekomstige Valke-baas word gekies
Nathi Nhleko, minister van polisie, sit ook in die paneel wat onderhoude met kandidate voer.

Onderhoude vir die hoofpos in Suid-Afrika se elite teenkorrupsie-eenheid, die Valke, word Woensdag in Kaapstad gevoer.

Vyf kandidate, onder andere blykbaar genl.maj. Benny Ntlemeza, waarnemende nasionale Valkehoof, en die provinsiale Valkebase genls.maj. Johan Booysen (KwaZulu-Natal) en Jan Mabula (Noordwes), sal aan ’n paneel moet verduidelik waarom hulle die beste kandidaat vir dié kritieke pos is.

Nathi Nhleko, Michael Masutha en David Mahlobo, onderskeidelik minister van polisie, justisie en staatsveiligheid, sit in dié paneel.

Die Valke, oftewel die direktoraat vir prioriteitsmisdade, ondersoek onder meer ernstige georganiseerde misdaad, ernstige korrupsiesake, misdade teen die staat en komplekse sindikate.

Die Valke-hoof is ook voorsitter van die teenkorrupsie-taakspan, wat saamgestel is uit verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die polisie, die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid.

Daarom is dié aanstelling kritiek, het Gareth Newham van die Instituut vir Sekerheidstudies gesê.

“Die Valke-hoof is een van die belangrikste aanstellings in die regstelsel (justice cluster).”

Die grondwetlike waghonde Freedom Under Law (FUL) en die Helen Suzman-stigting (HSF) hou ook dié aanstelling fyn dop.

Oudregter Johann Kriegler van FUL het gesê die instelling sal nie huiwer om ’n omstrede kandidaat se aanstelling deur die hof te laat hersien nie.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.