Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee trap 6 000 km ver vir godsdiens in skole
Ds. Henk Stavast (voor) van die Gereformeerde kerk Totiusdal en Derik Frances (agter) van die NG kerk Moreletapark het gister vanuit Pretoria op ’n fietstoer van 6 000 km vertrek om geld in te samel vir die behoud van godsdiens in

’n Leraar en ’n gemeentelid het Maandagoggend op ’n fietstoer van sowat 6 000 km uit Pretoria vertrek om geld in te samel vir hofsake oor godsdiens in skole.

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) gaan ses skole voor die hof daag om hulle te belet om godsdiens te beoefen.

Ds. Henk Stavast van die Gereformeerde kerk Totiusdal en Derik Francis, ’n lidmaat van die NG Moreletapark-gemeente, gaan op hul Hou God in skole-fietstoer van 11 weke meer as 100 dorpe aandoen.

Die burgerregte-organisasie AfriForum is ook betrokke en het reeds meer as R1,5 miljoen tot die regskoste bygedra.

“Dit is baie belangrik dat daar landwyd bewustheid geskep word, want as die hofsaak oor godsdiens in skole suksesvol slaag, sal dit alle skole in die land raak,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

“Mense het nou ’n keuse of hulle wil deelneem aan godsdiens of nie.”

Lees ook:

'Geloof is 'n persoonlike keuse'

Ouers vies oor geloofpeiling

Skole moet self besluit oor geloof, sê onnies

Stavast het gesê as die skole die hofsaak verloor, sal dit negatiewe gevolge vir die godsdiensbeleid van alle skole in die land inhou.

“Ons bely immers dat alles wat ons doen, gebou moet wees op ons fondament, Jesus Christus, ook ons kinders se skoolopleiding,” het Stavast gesê.

Leerlinge van verskeie skole in die gebied het Stavast en Francis Maandag kom afsien by ’n veld oorkant die Laerskool Totiusdal.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.