Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Van Breda-kinders ‘was baie erg oor mekaar’
Teresa van Breda (voor in die middel) saam met ’n groep vriendinne in Perth, Australië. Dié foto is geneem tydens ’n afskeidspartytjie vir Van Breda toe sy en haar gesin verlede jaar na Suid-Afrika teruggetrek het. Foto: Faceb

Die Van Breda-kinders was “baie erg oor mekaar” en het moeite gedoen om tyd saam deur te bring wanneer hulle kon, sê ’n jarelange vriendin van die gesin, Naomi du Plessis.

Martin van Breda (55), ’n suksesvolle sakeman, sy vrou, Teresa (54), en Rudi (22), die egpaar se oudste seun, is Dinsdagoggend dood in hul huis op die wyn- en gholflandgoed De Zalze aangetref.

Hul dogter, Marli (16), is steeds in ’n kritieke toestand in die trauma-eenheid van die Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes. Die egpaar se jongste seun, Henri (20), is ook in die aanval beseer.

“Teresa was soos ’n suster vir my en haar kinders het voor my grootgeword,” het Du Plessis, wat in Perth woon en die Van Breda’s al 31 jaar ken, gesê.

“Hulle was ongelooflike kinders; slim en in baie opsigte briljant. Die seuns het probeer om elke vakansie huis toe te kom van waar hulle aan die Universiteit van Melbourne studeer het. Dan het Teresa spesiale aktiwiteite gereël vir hulle om as gesin saam te doen. Hulle het gaan berg klim en ski.”

- Lees ook: ​'Seun gaan by familie tuis'

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.