Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vas ná hy met vals nommerplate deur e-tolpoorte ry
Eerste vervolging van sy soort
'n E-tolpoort in Gauteng. (Argieffoto)

Borgtog van R10 000 is Vrydagoggend in die Pretoriase landdroshof toegestaan aan 'n navorser van die WNNR wat glo met vals nommerplate op die N1 deur e-tol se tolpoorte gery het.

Stoyan Hristov Stoychev (35) van Midrand het Donderdagaand in polisieselle in aanhouding deurgebring nadat verkeersbeamptes hom die middag op die N1 in Centurion aangekeer het.

Adv. David Broughton, aanklaer, sê Stoychev, 'n eerste oortreder, staan tereg op verskeie aanklagte van bedrog van meer as R20 000.

Die staat beweer Stoychev het doelbewus van 3 Desember 2013, toe die tolpoorte in werking getree het, met die vals nommerplate gery.

Dit is die eerste vervolging van sy soort weens spesifiek die e-tolpoorte.

Die nommerplate is geregistreer in 'n ander motoris se naam wat wel e-tol betaal.

Mahomed Abdullah, regsverteenwoordiger van Stoychev, sê die navorser het geen vorige veroordeling nie en kan net R5 000 borgtog bekostig.

Landdros Anita Mjambo het egter bevind weens die erns van die oortreding regverdig dit dat borgtog van R10 000 vasgestel word.

Die saak is tot Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.