SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Verkiesing
15 wyke in SA moet weer stembus toe

Kiesers in 15 wyke landwyd sal op 9 November in munisipale tussenverkiesings na die stembus terugkeer, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Dinsdag bekend gemaak.

Meer as 93 000 kiesers is in dié 15 wyke, wat uit 80 stemdistrikte bestaan, in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Noord-Kaap, Mpumalanga en die Wes-Kaap geregistreer.

Die verkiesings word gehou weens die dood of bedanking van stadsraadslede.

Twee van die wyke waar die tussenverkiesings gehou word, is in die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth waar die DA die ANC op 3 Augustus in die landwye munisipale verkiesing onttroon het.

Die OVK het ’n beroep op kiesers in dié wyke gedoen om Saterdag en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by stempunte te gaan seker maak hulle is geregistreer en hul adresse wat op die kieslys aangedui word, is korrek.

Kiesers kan ook die OVK se kantore gedurende kantoorure vir dié doel besoek. Spesiale stemme kan op 24 tot 28 Oktober uitgebring word.

Meer oor:  Ovk  |  Munisipale Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.