Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
ANC ‘opgewonde’ al kry hy dalk nie 60%
Jeff Radebe, minister in die Presidensie, soengroet vir Baleka Mbete, voorsitter van die ANC, Donderdag in die OVK-sentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Terwyl dit lyk asof die ANC die eerste keer minder as 60% in ’n verkiesing gaan kry, het die regerende party Donderdagmiddag die blink kant bo gehou.

“Ons is opgewonde!” het Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, omstreeks 15:30 in die Onafhanklike Verkiesingskommissie se uitslagsentrum gesê toe sowat driekwart van Woensdag se stemme reeds getel was.

Hy het so ’n amperse dansie uitgevoer en bygevoeg: “Ons is so opgewonde soos spring chickens!

“Jy kan sien, soos enige trotse Suid-Afrikaner kan sien, dat die ANC voorloop,” het hy gesê en gewys na die groot kaart by die uitslagsentrum wat aandui watter party in elke munisipaliteit voorloop. Dié kaart was oorwegend groen – die kleur wat die ANC aandui.

Maar die bui van die ANC oor die land heen is een van opgewondenheid.

“Natuurlik kan ons beter doen,” het Mthembu toegegee. “Maar die bui van die ANC oor die land heen is een van opgewondenheid.”

Mthembu was veral opgewonde oor provinsies soos die Vrystaat en Mpumalanga, waar die ANC-steun meer as 60% was, en KwaZulu-Natal en Limpopo waar hy meer as 55% van die getelde stemme verower het. Dan het hy ook genoem dat die Noord-Kaap se uitslag reeds verklaar is, waar die ANC sowat 59% gekry het.

“Mense het vooraf gesê die ANC gaan sleg vaar, gaan ’n afranseling kry. Maar ons het geweet ons het na elke huis, elke taxistaanplek, elke winkelsentrum in elke gemeenskap gegaan. Óns weet ons mense weet die ANC kan, en het so ’n rekord, om vir hulle ’n beter lewe te bring,” het Mthembu gesê.

In die metropole van Johannesburg, Ekurhuleni, Tshwane en Johannesburg was die ANC se steun toe onder 50%, met die DA kort op hul hakke. In die Nelson Mandelabaai-metropool het die DA so aan steun van 50% geraak. Maar Mthembu was vol vertroue, gegewe die ANC se steun elders, dat sy party dié metro’s gaan behou.

“Ek weet nie hoe enigiemand kan sê hulle het Nelson Mandelabaai gewen nie. Ons het die meeste wyke. Ek weet nie hoe hul wiskunde werk nie.

Jackson Mthembu

“Daar is nie ’n manier dat ons vir dié metro’s gaan bedel nadat die laaste stem getel is nie,” het Mthembu gesê.

Kort nadat Mthembu met Netwerk24 gepraat het, het Baleka Mbete, voorsitter van die ANC, volgehou die ANC “het nie die bal op enige plek laat val nie".

Mbete het Donderdag laatmiddag gesê die stemuitslae gee nog nie 'n volledige prentjie oor wat by die stembusse gebeur het nie.  Sy hou vol die ANC het oor die algemeen “baie goed” gedoen en dat hulle 'n "goeie stryd" ingesit het. 

“Ek dink Suid-Afrikaners het hulle oor die algemeen baie goed gedra,” het Mbete gesê.

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.