Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
ANC wen Noord-Kaapse koalisiesetels

Hoewel die Noord-Kaapse ANC teen 08:00 nog nie sy teiken van ’n 70%-oorheersing in die afgelope munisipale verkiesing behaal het nie, het hy die meeste setels in munisipaliteite verower wat voorheen deur koalisies regeer is.

Die grootste oorwinning is dat die ANC sy aartsvyand Danny Jonas van die EFF ’n gevoelige slag in die Thembelihle-munisipaliteit op Hopetown toegedien het.

Die vete tussen die ANC en Jonas het met die munisipale verkiesing van 2011 ontstaan toe Jonas as ANC-raadslid met die hulp van opposisiepartye as burgemeester verkies is. Dit was teen die opdrag van die ANC.

Hy is uit die ANC geskors en ’n tussenverkiesing is gehou, wat hy met die hulp van die opposisiepartye gewen het. Sy openlike steun aan die EFF in die nasionale verkiesing in 2014 was ook ’n doring in die vlees van die ANC en het tot ’n mislukte hofsaak teen hom gelei.

In die jongste verkiesingsuitslae het die ANC vier setels, die DA twee setels en Jonas het sy party se enigste setel as proporsionele raadslid gewen.

In Nama Khoi op Springbok het die ANC sewe setels en die DA twee setels verower.

Die ANC het ook oorheers in ander munisipaliteite waar koalisies van die DA en Cope voorheen regeer het.

In die !Kheis-munisipaliteit op Groblershoop het die ANC vier setels, Cope twee setels en die DA een setel.

In die Karoo Hoogland-munisipaliteit op Sutherland het die ANC vier setels, die DA twee en Cope een setel verower.

In Nama Khoi op Springbok het die ANC sewe setels en die DA twee setels verower.

Zamani Saul, die ANC se provinsiale sekretaris, is verheug oor die oorwinnings. Volgens hom het die ANC sy verkiesingsveldtogte in die streke intensiewer gevoer.

Bonolo Modise, provinsiale hoof van die OVK in die Noord-Kaap, sê daar was nie ernstige voorvalle in die telproses nie.

“Ons is moeg maar tevrede. Ons glo ons provinsie se uitslae sal eerste bevestig word.”

Bonolo Modise, provinsiale hoof van die OVK in die Noord-Kaap, kyk na die uitslae op sy rekenaar. Foto: Emile Hendricks
Zamani Saul, die ANC se Noord-Kaapse provinsiale sekretaris, is verheug oor die party se oorname van munisipaliteite wat voorheen deur koalisies regeer is. Foto: Emile Hendricks
Gebruikte verkiesingsmateriaal lê in ’n pakkamer by die OVK se uitslagsentrum op Kimberley. Foto: Emile Hendricks

Teen 08:00 was sowat 92% van die stemme in die Noord-Kaap getel. Slegs die Dikgatlong-munisipaliteit op Barkly-Wes en Sol Plaatje-munisipaliteit op Kimberley was uitstaande.

Meer oor:  Anc  |  Eff  |  Ovk  |  Noord-Kaap  |  Verkiesing. Munisipale Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.