Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
DA-era begin in Oudtshoorn
Colan Sylvester, Oudtshoorn se nuwe burgemeester, en Julia le Roux Krowitz, nuwe speaker. Foto: Eugene Gunning

’n Nuwe era vir Oudtshoorn is Woensdag 16 Augustus ingelui.

Die DA het die beheer van die stadsraad oorgeneem.

Die dorp het die laaste paar jaar erge politieke woelinge beleef en was sedert Julie verlede jaar onder administrasie.

In die onlangse munisipale verkiesing het die DA 14 verteenwoordigers in die stadsraad gekry, die ANC sewe, Icosa twee, Sarco een en die EFF een.

Op die eerste vergadering van die nuwe raad is Colan Sylvester van die DA tot nuwe burgemeester verkies. Ondersteuners van politieke partye het reeds van vroeg voor die munisipale gebou saamgedrom. Van hulle het ook sitplek ingeneem in die banketsaal waar die eerste raadsvergadering gehou is.

Kort nadat die vergadering 10:00 begin het, is die nuwe raadslede ingehuldig. Allen Paulse, waarnemende munisipale bestuurder, het in ’n stadium sy hande vol gehad om ondersteuners van verskeie partye tot kalmte te maan. Hy het mense in die openbare galery meer as een keer gevra om stil te bly.

Hy het gesê sulke gedrag laat ’n wrang smaak.

Oudtshoorniete was altyd bekend, plaaslik en op nasionale gebied, as ’n toonbeeld van diens aan andere, integriteit en eindelose deernis.

Die ANC het Nondumiso Magopeni as speaker voorgestel en die DA Julia le Roux Krowitz. Krowitz het met ’n meerderheid stemme gewen.

Die ANC het Magdaleen Titus as burgemeester voorgestel en die DA Sylvester. Sylvester het 14 stemme gekry en Titus 10.

Sylvester het in sy eerste toespraak as burgemeester gesê die raad het ’n taak om almal te verenig. Hy het hulde gebring aan inwoners van die dorp. “Oudtshoorniete was altyd bekend, plaaslik en op nasionale gebied, as ’n toonbeeld van diens aan andere, integriteit en eindelose deernis.”

Hy het gesê dienste moet aan almal gelewer word en geleenthede moet vir almal oop wees. “Mense moet op ’n gelyke voet kan meeding.”

Volgens Sylvester word die uitslag van die munisipale verkiesing algemeen beskou as ’n besonderse prestasie om die waardigheid en erfenis van die breë Oudtshoorn-gemeenskap te herstel. Hy het ook verwys na die uitdagings wat op die dorp wag. Dit sluit in ’n skuldlas van meer as R250 miljoen en infrastruktuur wat besig is om in duie te stort.

Hy het ’n beroep op inwoners gedoen om hande te vat en saam te werk. “Nou is die tyd om ons moue op te rol en te begin werk aan die herstel van Oudtshoorn.”

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.