Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Ek is net Elsa, sê nuwe DA-burgemeester in Kouga
Elza van Lingen, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Kouga-munisipaliteit. Foto: CARA-LEE DORFLING

Nie eens ’n heupvervanging drie weke gelede het haar uit die DA-veldtog gehou nie, en Donderdag het sy gehoor al die pyn was die moeite werd toe die Kouga-munisipaliteit grootliks blou gestem het.

Elza van Lingen, die DA se burgemeesterskandidaat in die Kouga-munisipaliteit, het Woensdag tussendeur die verkiesingsdag-chaos gesê die dokter het die afgelope week gesê haar bloeddruk is “effens” hoog.

“Maar ek sê toe vir hom, ons is immers in die middel van ’n verkiesing, dit is te verwagte met al die opwinding.”

Skaars drie weke gelede het sy op die operasietafel gelê om ’n heupvervanging te ondergaan.

Ek het dit nie geweet nie, maar ek het vir ses weke met ’n af heup die DA se veldtog gevoer. Toe ek drie weke gelede by die dokter kom, sê hulle die heup is af en ek moet tjoepstil sit.
Elza van Lingen, die DA se burgemeesterskandidaat in die Kouga-munisipalitei

Hoewel daar ’n kruk in haar kantoor staan, is dit moeilik om te glo dat daar aan haar gesny is. Sy blits tussen die telefone, wyke en kieserslyste rond.

“Ek het dit nie geweet nie, maar ek het vir ses weke met ’n af heup die DA se veldtog gevoer. Toe ek drie weke gelede by die dokter kom, sê hulle die heup is af en ek moet tjoepstil sit.”

Maar vir iemand soos Van Lingen is stilsit nie ’n opsie nie.

“Ons beplan al van 2006 af aan hoe ons in 2016 gaan wen. Geen heup sal die dekade lange plan keer nie.

“Ek het gelukkig ’n wonderlike span wat my dra en my man, Michael, doen die motorbestuurwerk vir my.”

Donderdagoggend het Van Lingen die oorwinning met nederigheid verwelkom. “Die plan was nie net om te wen nie. Die plan was om oortuigend te wen, want ons sal nie in staat wees om koalisies te vorm nie.”

Dit sal ook nie vir die DA nodig wees om ’n koalisie te vorm nie, aangesien hy 57,04% van die stemme teenoor die ANC se 40,1% gekry het. Dit beteken die DA sal 17 setels teenoor die ANC se 12 setels in die raad hê.

“Dit is wonderlik om te dink ons het met ’n landslide gewen. Ek is baie trots. Oral waar ons oorneem, is dit moeilik om te begin, maar ons is gereed vir die taak wat voorlê, en sal dit stap vir stap neem om die beste (dienste) aan ons mense te lewer.”

Oor die titel as Kouga se nuwe burgemeester raak sy dadelik ernstig en sê: “Ek is nog steeds net Elza, dit sal nooit verander.”

Meer oor:  Verkiesing  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.