Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Kiesers verlaat ANC vir die EFF – peiling
Suid-Afrikaners staan op 3 Augustus in die weste van Marikana in Noordwes tou om in die munisipale verkiesing te stem. Foto: Thapelo Maphakela

Kiesers wat hul partye verlaat het, het meestal van die ANC na die EFF gedraai.

Dit is een van die bevindings van ’n peiling wat die Universiteit van Johannesburg op 3 Augustus in samewerking met die Sentrum vir Maatskaplike Verandering by stemlokale gedoen het.

Altesame 110 medewerkers het die inligting en persoonlike politieke keuses van 4 313 kiesers verkry.

Die 21 stemlokale waar die peilings gedoen is, is in 11 gebiede oor Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en die Vrystaat versprei. Die data weerspieël dus nie ’n nasionale politieke verandering nie.

In die peiling is bevind:

* 68% van respondente het vir dieselfde party gestem in die munisipale verkiesing as in die nasionale verkiesing in 2014;

* 14% het vir ’n ander party gestem;

* 18% van die deelnemers het nie in 2014 gestem nie;

* ANC se ondersteuners is hoofsaaklik ouer vroue. Mans se steun aan die party is 16% minder as die vroue;

* 66% van die EFF se steun kom van mans.

* Die DA se steun is eweredig tussen die twee geslagte versprei.

Die data dui daarop dat die drie partye se ondersteuners onder verskillende woonplekke verdeel kan word:

* EFF-ondersteuners woon in plakkershutte;

* DA-ondersteuners woon hoofsaaklik in woonbuurte;

* ANC se steun kom van diegene wat in Hop-huise woon en maandeliks welsyntoelaes ontvang.

In die verslag word voorgestel dat ’n onafhanklike instelling met die nasionale verkiesing in 2019 ’n volledige nasionale peiling doen om landwyd politieke verandering te boekstaaf.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.