Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Klein partye eis groot pond vleis
Mandla Galo, president van AIC.

Die ANC, die AIC en die PAC gesels oor koalisievorming om Ekurhuleni saam te bestuur.

Mandla Galo, president van die AIC, en Kenneth Mokgatlhe, woordvoerder van die PAC, het albei Vrydag bevestig dat hulle informeel gesels het, maar dat daar nog niks amptelik besluit is nie.

Ekurhuleni is een van die metro’s waarin die ANC onder 50% gekry het en dus geen volstrekte meerderheid het om te regeer nie.

Volgens Mokgatlhe sal daar eers volgende week duidelikheid wees oor wat gebeur, omdat die PAC se nasionale werkkomitee dié naweek vergader om te besluit of hulle saam met die ANC kan werk, en die ANC se nasionale uitvoerende komitee eers Sondag sy vier dae lange vergadering sal voltooi.

Die PAC eis met hul een setel dat al die PAC se politieke gevangenes wat steeds in die tronk is, vrygelaat moet word. Mokgatlhe sê daar is meer as 105 van dié politieke gevangenes en dat sowel die president as die minister van justisie iets aan die saak kan doen.

Net so moet grondsake op die tafel geplaas word.

Die ANC het 48,6% van die steun in Ekurhuleni met 109 setels, terwyl die AIC 1,6% van die steun en vier setels gekry het. Die PAC het 0,4% en een setel, maar die ANC kort 50% plus een om die metro met ’n meerderheid te regeer.

Galo beklemtoon dat die AIC, anders as wat vroeër berig is, die DA slegs as ’n laaste uitweg oorweeg as die ANC nie aan hul eise gehoor gee nie.

Galo beklemtoon dat die AIC, anders as wat vroeër berig is, die DA slegs as ’n laaste uitweg oorweeg as die ANC nie aan hul eise gehoor gee nie.

Galo het vroeër vandeesweek gesê hulle sal saam met die DA werk om die “ANC te frustreer”.

Volens Galo eis die AIC nou dat die ANC die Matatiele-munisipaliteit weer by KwaZulu-Natal moet insluit.

Die AIC is uit protes teen die ANC op 12 Desember 2005 deur die Matatiele-munisipaliteit begin nadat dié munisipaliteit in ’n nuwe afbakening uit KwaZulu-Natal verwyder is en deel van die Oos-Kaap geword het.

Hulle sien hierdie nou as hul kans om hul sin te kry.

Die AIC wil ook hê vyf provinsiale paaie in Matatiele moet geteer word omdat die ongeteerde paaie gevaarlik is, die Maluti-onderwyskollege moet weer op die been gebring word om onderwysers op te lei en Matatiele moet as ’n nodale punt gesien word.

Volgens Galo gaan die AIC nou Sondag met die ANC se topses vergader by dieselfde St. George-hotel in Irene, Centurion, waar die ANC se belangrikste besluitnemingsliggaam onder meer die verkiesingsuitslae in heroënskou gaan neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.