SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Verkiesing
Metsimaholo-verkiesing verloop stil en stemmig

“Stil, stemmig en rustig.”

Dit is hoe beamptes van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Woensdagoggend die tussenverkiesing in Metsimaholo beskryf het.

Magdaleen Faisel (tweede van links) het Woensdag vir die eerste keer in ’n verkiesing gestem. Foto: Felix Dlangamandla

Metsimaholo is die munisipale gebied wat Sasolburg, Deneysville en Oranjeville insluit.

Die SAKP het vroeër vanjaar vir ’n verrassing gesorg toe hy besluit het om die eerste keer nog teen die ANC se kandidate in ’n verkiesing te staan. Nie minder nie as 15 verskillende groeperings en politieke partye spook Woensdag sake uit om beheer oor die munisipaliteit te kry.

Die meeste kiesers by stembusse in die Zamdela-township wou nie verklap vir wie hulle gestem het nie maar die bekende rooi T-hemde van die EFF en die geel-en-groen drag van die ANC was orals te sien.

Kiesers is vreedsaam buite die stemlokale deur werknemers van die onderskeie partye verwelkom.

Die bejaarde Martha Mokhali word deur Ntebaleng Hahlane, die hoofverkiesingsbeampte in die Ongolopeng-stemlokaal in Zamdela, Sasolburg, gehelp. Foto: Felix Dlangamandla

Veral bejaardes het in klein groepies by die stemlokale opgedaag maar die toustanery het nooit lank geduur nie. Beamptes sê egter dit is moeilik om nou reeds te bepaal of daar ’n beter opkoms as in 2016 gaan wees.

Net meer as 50% van die kiesers het in 2016 die moeite gedoen om te gaan stem.

Magdaleen Faisel het by die Seratoga Open Space gestem. Die stempunt, waar 1 487 mense geregistreer is, is in ’n tent. Die 28-jarige Faisel sê dis die eerste keer dat sy gestem het. Sy het haar kruisie vir die ANC getrek.

Kiesers het Woensdag in ’n rustige atmosfeer die stempunte besoek om hul kruisies te trek. Die munisipale raad is ná minder as ’n jaar ontbind en ’n tussenverkiesing is uitgeroep. Vyftien politieke partye en gemeenskapsgroepe het kandidate in die verkiesing verkiesbaar gestel. Die SAKP het vir die eerste keer nog kandidate teen die ANC in ’n verkiesing verkiesbaar gestel. Foto: Felix Dlangamandla

Simon Monare, wat in beheer van dié stempunt is, sê hy dink die opkoms is ’n bietjie beter maar hy is net bly daar is geen probleme nie.

Dit was ook stillerig by die Iketstseng Secondary School in Taylorpark in Zamdela, waar bejaardes kort-kort na die stemlokaal aangery is.

Die munisipale raad van Metsimaholo is in Julie vanjaar deur die Vrystaatse premier, Ace Magushule, ontbind en ’n nuwe verkiesings is uitgeroep. Hy het die raad ontbind nadat die munisipale begroting nie soos deur die wet bepaal, in Junie goedgekeur is nie.

Die raad – waarin die opposisiepartye en die ANC ewe veel setels gehad het – kon nie tot ’n vergelyk kom nie.

Opposisielede was glo veral ongelukkig oor ’n kontrak om die begraafplaas op te gradeer wat voorkeur bo noodsaaklike opgraderings aan die infrastruktuur geniet het. ’n Teerstraat van 1 km sou teen R7,4 miljoen opgegradeer word terwyl nog R6 miljoen in die begraafplaas bestee sou word.

Hoewel voorvalle van geweld in die aanloop tot die verkiesing verwag is, het dit nie gebeur nie, en volgens die polisie en politieke partye was die verkiesingsveldtogte vreedsaam. Geweld is gevrees veral nadat ’n komplot om Arnoldi du Plooy, ’n DA-lid en die gewese speaker, te vermoor aan die lig gekom het.

Meer oor:  Metsimaholo  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.