Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Munisipale tussenverkiesings in 6 provinsies
Tussenverkiesings word Woensdag in verskeie provinsies gehou. Foto: Felix Dlangamandla

Vyftien munisipale wyke se tussenverkiesings vind Woensdag in ses provinsies plaas.

Dit is die eerste tussenverkiesings sedert die munisipale verkiesing op 3 Augustus vroeër vanjaar.

Altesaam 66 kandidate wat 16 politieke partye verteenwoordig en twee onafhanklike kandidate ding mee.

Nege van die bestrede wyke is in KwaZulu-Natal, die Noord-Kaap, die Oos-Kaap en Limpopo. Die tussenverkiesings in dié provinsies vind plaas weens die sterftes van raadslede.

ANC-raadslede het agt van die nege wyke gewen en wyk 2 van die Kgatelopele-munisipaliteit in die Noord-Kaap het die DA gewen.

Die uitslag van die verkiesing in Kgatelopele gaan kan help om te bepaal watter party die meerderheid in die munisipaliteit is.

Die ANC het drie setels en die koalisie tussen die DA en die Kgatelopele Gemeenskapsforum het vier.

Altesaam 66 kandidate wat 16 politieke partye verteenwoordig en twee onafhanklike kandidate ding mee

Die tussenverkiesings in KwaZulu-Natal gaan in wyk 1 van die Umziwabantu-munisipaliteit gehou word, wyk 20 in die Alfred Duma-munisipaliteit en wyk 6 in die Newcastle munisipaliteit nadat die kandidate hul wyke ná die dood gewen het.

Bongani Skhosana, die Umziwabantu-munisipaliteit se kandidaat, is in sy motor voor sy kinders doodgemaak toe hy op pad was om hulle skool toe te vat.

Khanyisile Sibisi is geskiet toe sy op pad was om goedere by ’n Mandela Dag-geleentheid in Ladysmith te gaan aflaai.

Thembi Mbongwa, ’n kandidaat in eMalahleni en Newcastle, is voor haar man en kinders doodgeskiet.

Die sterftes het in Julie plaasgevind net voor die munisipale verkiesing in Augustus.

Die tussenverkiesings in die oorblywende ses wyke moet plaasvind nadat die raadslede, almal ANC-lede, bedank het.

Die onafhanklike verkiesingskommissie sê stemlokale is van 07:00 oop en sluit teen 21:00. Wyk 17 van die Mbashe-munisipaliteit en wyk 7 van die Port St. Johns-munisipaliteit in die Oos-Kaap se verkiesing vind tussen 07:00 en 19:00 plaas. – News24

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Limpopo  |  Oos-Kaap  |  Kwazulu-Natal  |  Tussenverkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.