Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Nog geen besliste wenner in Metsimaholo
Die DA het goed gevaar in die wyke in Sasolburg. Hier stem Armand Ferreira Woensdag by die biblioteek in Sasolburg. Hy kon nie in 2016 stem nie omdat hy toe in die buiteland was. Foto: Felix Dlangamandla

’n Gebrek aan geesdrif, die SAKP se goeie vertoning in sekere wyke en nog geen besliste wenner in die Metsimaholo-tussenverkiesing nie.

Só staan sake volgens verkiesingsuitslae wat reeds deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bekend gemaak is.

Kiesers het Woensdag gaan stem vir ’n nuwe munisipale raad vir die Metshimaholo-munisipaliteit wat Sasolburg, Deneysville en Oranjeville bedien.

Tot dusver het die ANC en DA elk vyf wyke verower.

Stempersentasies was soos in 2016 baie laag en in sekere wyke het so min as 33% van die kiesers die moeite gedoen om hul kruisies te gaan trek.

In wyk 2 in die Zamdela-township was mededinging straf en het die ANC 35,45% van die steun gekry terwyl die EFF met 27,52% en die SAKP met 27,23% in sy nek geblaas het. Die DA het in dié wyk 4,36% van die stemme gekry.

Die gemeenskapsorganisasies en forums wat ook kandidate in die verkiesing gestel het, het meestal swak gevaar en in die meeste wyke tussen 0% en 2% van die steun gekry.

In wyk 5 in Sasolburg het die DA en ANC die meeste steun geniet met die DA wat met 39,57% die ANC se 39,26% geklop het. Die ANC sou hier kon doen met die 1,24% stemme wat die SAKP gekry het. Die VF Plus het in dié wyk met 9,22% die derde plek gekry.

In wyk 6 het die ANC (38,04%), die EFF (35,65%) en die DA (14,14%) sake uitgespook.

Die SAKP het 3,04% van die stemme gekry en die stempersentasie was hier 55,16%.

Die ANC het wyk 8 met 48,79% verower met die EFF (24,88%) en die SAKP (11,90%) in onderskeidelik die tweede en derde plek. Die stempersentasie hier was 51,77%.

Die ANC het ook wyk 9 verower met 40,67% van die stemme. Die EFF was in die tweede plek met 32,49% en die SAKP met 7,69% derde. Die stempersentasie was 44,52%.

Die SAKP het in wyk 13 uitgeblink met 25,27% van die steun. Die ANC het met sy 44,67% die wyk gewen. Die stempersentasie was hier 54,65%.

Die DA het wyke 14, 15, 16, 17 en 18 in Sasolburg maklik gewen met die VF Plus wat hier tussen 8% en 12% van die steun gekry het. Die stempersentasies in dié wyke was meer as 50%, behalwe vir wyk 17 waar 40,26% van kiesers gestem het.

Meer oor:  Verkiesing  |  Politiek  |  Da  |  Sasolburg  |  Anc  |  Metsimaholo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.