Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Nuwe burgemeester in Bitou verras
Ondersteuners van die ANC en AUF dans Vrydag buite Bitou se raadssaal om die twee partye se koalisie te vier. Foto: Yolandé Stander

Die ANC het die burgemeesterskroon van Bitou aan die enigste lid van die Active United Front (AUF) gegee en die twee partye het só die beheer van dié plaaslike raad oorgeneem.

Peter Lobese kon kies tussen die ANC en die DA, wat elk ses verteenwoordigers in die munisipale verkiesing gekry het.

Die stadsraad is voorheen deur die DA in ’n koalisie saam met Cope beheer.

In die onlangse verkiesing het die DA 48,58% van die stemme gekry en dit was nie genoeg vir ’n volstrekte meerderheid nie. Die ANC het 40,99% van die stemme gekry en AUF 5,36%

Nadat die uitslae aangekondig is, het die DA ’n klagte by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien.

Die DA se veldtogbestuurder, Liz Mundell, het vroeër gesê dat die OVK bevestig het die uitslae is korrek. Dit blyk dat die DA net 21 stemme kortgekom het om ’n sewende verteenwoordiger in die raad verkies te kry.

In sy eerste toespraak as burgemeester het Lobese gesê dat die raad nie aan politieke partye behoort nie, maar aan die mense van Bitou.

Euan Wildeman van die ANC is die nuwe onderburgemeester.

In sy eerste toespraak as burgemeester het Lobese gesê dat die raad nie aan politieke partye behoort nie, maar aan die mense van Bitou. Hy het onderneem om op te staan vir al die mense van Bitou.

As burgemeester is hy voornemens om op verskeie aangeleenthede te fokus. Dit sluit in werkskepping, die toerismebedryf, beter samewerking met plaaslike sakeondernemings, behuising en die integrering van Bitou se gemeenskappe.

Volgens Lobese is die behuisingsvraagstuk iets wat alle rassegroepe raak. “Ek het met jong wit mans gesels wat vir my gesê hulle huur huise en dat hulle dit nie kan bekostig om eiendom te koop nie.”

Meer oor:  Bitou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.