Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
‘Ongelooflike eindpoging van ANC kom’
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se Hendrik Matroos, logistieke bestuurder, en Maruping Wildebees, gemeenskapbestuurder, dra OVK-plakkate vir ’n uitstalling. Foto: Emile Hendricks
Pitso Tshwaro, EFF-wykskandidaat vir wyk 6 in Kimberley, en Simon Dire hang verkiesingsplakkate in Kimberley op. Foto: Emile Hendricks

Kimberley. – Kiesers kan ’n “ongelooflike eindpoging” in die ANC se werwingsveldtog kort voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus verwag.

Só ’n veldtog kan moontlik enkele besluitlose kiesers oortuig oor waar hulle hul kruisies op die stembrief moet trek.

Só sê prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit (NWU). “Die ANC was te lank stil en sy nasionale verkiesingsveldtog het nog nie veel aandag getrek nie. Die ANC was nog altyd bekend om sy indrukwekkende laaste eindpogings.”

Hy reken Noord-Kapenaars is konserwatief. Sowat 70% tot 80% van hulle het moontlik reeds besluit vir wie hulle gaan stem. Nuwe verkiesingsplakkate gaan hulle nouliks oorhaal om anders te stem.

Die Noord-Kaap is nie ’n brandpunt nie. Die kanse dat dit in die hande van ’n ander party kan val, is hoogs onwaarskynlik.

“Die hewige verkiesingstryd lê in die drie metropole – Port-Elizabeth, Johannesburg en Pretoria.”

Die onsekerheid onder ontnugterde kiesers kan egter ’n beduidende invloed op partye se steunvlakke meebring.

Die statistieke van die 2011- munisipale verkiesing dui daarop dat net 60% van potensiële kiesers gestem het. Dié persentasie kan daal.

Die ANC se aanspraak op ’n 70%-oorwinning in die Noord-Kaap is moontlik te rooskleurig. “Die persentasie kan diep in die vyftig wees. Die verkiesingsuitslae van 2014 met ’n oorwinning van 64% het reeds op ’n verswakkende ANC gedui. Daar is verskeie redes hoekom die ANC swakker kan vaar.

“Sedert 2011 het meer ontevredenheid oor swak dienslewering, die John Block-skandaal, nasionale skandale, politieke verdeeldheid en gewelddadige betogings in ’n swak ekonomie bygekom.

“Die Noord-Kaap het ook ietwat van ’n Wes-Kaapse sentiment. Dit het koalisie-regering in munisipaliteite soos die Hantam, Karoo-Hoogland en Nama Khoi meegebring, in plekke waar daar nie ’n Tswana-ANC-meerderheid is nie.

“Die EFF het ’n sterk veldtog wat aandag trek. Die party ding om dieselfde kiesers met die ANC mee.

“Cope staan ook redelik sterk in die Noord-Kaap.

“Die DA is steeds die sterkste opposisieparty; ’n party wat organisatories sterk staan. Hy kan moontlik 23% van die stemme in die Noord-Kaap kry. Die party het egter ’n gedaanteverwisseling ondergaan: van ’n aanvanklik liberale tot ’n maatskaplik-demokratiese uitgangspunt. Sommige kiesers beskou die party selfs as die ANC light.”

Duvenhage het daarop gewys dat die Khoisan-revolusieparty te nuut is om vinnig veld te wen. “Dit sal hoogstens drie wyke verower, indien hy gelukkig is. Sy veldtog steun op ’n anti-ANC-sentiment.

“Die VF Plus het vanjaar ’n sterk veldtog. Tog sal sy steun moontlik nie meer as 1,3% wees nie,” sê Duvenhage.

Meer oor:  Anc  |  Munisipale Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.