Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
OVK gee ‘zip-zip-masjiene’ die trekpas

Ses maande nadat die Verkiesingskommissie (OVK) ná die algemene verkiesing in Mei onder kritiek deurgeloop het oor sy verouderde skandeermasjiene, het die OVK Maandagmiddag aangekondig hy is op soek na nuwe en gevorderde tegnologie.

Die sogenaamde “zip-zip-masjiene” was vir baie jare lank in gebruik, maar die tegnologie daarvan het verouderd geraak.

Glen Mashinini, nasionale OVK-hoof, het vroeër vanjaar gesê nuwe tegnologie met die vermoë om die geografiese koördinate van kiesers se huise te bepaal en dit dan met stemdistrikte te verbind, word in die vooruitsig gestel.

Die OVK het toe ook aangedui die benadering om ID’s te skandeer en die data vas te lê, is verouderd en onvoldoende vir toekomstige gebruik.

Die OVK sê in ’n verklaring hy sal binnekort adverteer vir die verskaffing van sowat 60 000 toestelle wat die “zip-zip-masjiene” moet vervang.

Die voornemende verskaffers sal ook die nuwe toestelle, in die tydperk wat hulle in gebruik sal wees, moet diens en herstel.

Die eerste toestelle sal teen Maart 2021 gelewer moet word. Die volgende landwye munisipale verkiesing vind daardie jaar plaas.

Die OVK sê hy hoop om die advertensie vir tenderaansoeke vandeesweek nog in die Staatskoerant en op die nasionale tesourie se e-tender-portaal te adverteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.