Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Prince: ‘Karoo-engele moet ligloop vir DA-duiwel’

Die verhouding tussen die “duiwel en die engele” in die stadsraad op Beaufort-Wes gaan nie lank hou nie, voorspel Truman Prince, die vorige burgemeester wat nou in die opposisiebanke gaan sit.

Djorge Molooi, aangewese burgemeester van Beaufort-Wes. Foto: Jason Felix
Goliath Lottering, aangewese burgemeester van Prins Albert. Foto: Jason Felix
Noel Constable, aangewese burgemeester van die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit. Foto: Jason Felix

Die DA, volgens Prince die “duiwel”, en die Karoo Gemeenskap Inisiatief (KGI) – die “engele” – het Vrydag ’n koalisieooreenkoms onderteken om al drie munisipaliteite én die distriksraad in Sentraal-Karoo te beheer.

Die KGI bestaan uit die Karoo Ontwikkelings Party (KOP), Karoo Gemeenskap Party (KGP) en Karoo Democratic Force (KDF) wat deur voormalige ANC-lede saamgestel is.

“Onthou, vandag is hy jou vriend, môre is hy jou vyand. Ek hoop die Karoo-partye kom tot hul sinne, want dis moeilik om met die duiwel saam te werk, al was hy [die duiwel] op ’n tyd ook ’n engel,” het ’n vrolike Prince gesê.

Truman Prince, voormalige burgemeester van Beaufort-Wes. Foto: Leanne Stander

Hy is ná nege jaar as burgemeester van Beaufort-Wes, die kroonjuweel van die Sentraal-Karoo-streek, in verlede week se munisipale verkiesing uit die kussings gelig.

Hy het Vrydag die burgemeester se kantoor ontruim.

Die ANC en DA is kop aan kop in die raad met ses setels elk. Die KDF het met sy een setel die beslissende stem. Sy koalisie met die DA beteken die ANC gaan in die opposisiebanke sit.

Die leierskorps van die drie munisipaliteite in die Sentraal-Karoo-streek is:

Beaufort-Wes

Burgemeester: Djorge Molooi (DA)

Die onderburgemeester en speaker sal ook deur die DA aangewys word.

Laingsburg

Burgemeester: Aubrey Marthinus (KOP)

Onderburgemeester sal deur die DA aangewys word.

Prins Albert

Burgemeester: Goliath Lottering (KGP)

Die speaker en onderburgemeester sal deur die DA aangewys word.

Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit

Burgemeester: Noel Constable (KDF)

Die onderburgemeester en speaker sal deur die KGP aangewys word en een lid van die burgemeesterskomitee deur die DA.

Patricia de Lille, Wes-Kaapse DA-leier. Foto: Lerato Maduna

Patricia de Lille, Wes-Kaapse DA-leier, sê die koalisieooreenkomste met die KGI is merkwaardig.

“Ek is veral bly dat my tuisdorp nou deur die DA beheer word. Ek is opgewonde oor die nuwe vooruitsigte vir Beaufort-Wes en ek sal seker maak dat gehaltedienste gelewer word.”

Wat koalisieooreenkomste in ander hangrade betref, het De Lille gesê in Hessequa en Witzenberg is ooreenkomste afgehandel.

“In Hessequa het die VF Plus ingestem om met die DA saam te werk. In Witzenberg het ons ’n ooreenkoms gesluit met Cope.”

In Bitou is daar ’n dispuut oor stemme. Die DA en ANC het albei agt setels, maar die DA glo hy het ’n volstrekte meerderheid. Die DA het die kieshof genader.

Die Kannaland-munisipaliteit is nog nie saamgestel is nie. Jeffrey Donson, Icosa-president en dienende burgemeester van die munisipaliteit, sê hy voer tans gesprekke met die ANC. Donson meen hulle sal teen Maandag meer duidelikheid hê.

Meer oor:  Prins Albert  |  Beaufort-Wes  |  Da  |  Anc  |  Truman Prince  |  Karoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.