Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Stemme vir DA meer in dié Mangaung-wyke

Bloemfontein. – Die getal stemme wat die DA in die onlangse munisipale verkiesing in wyke van die stad en die woonbuurt Heidedal behaal het, het van 45 000 in 2011 tot 50 000 in 2016 toegeneem.

Só sê Werner Horn, veldtogbestuurder van die DA vir die munisipale verkiesing in die Mangaung-metro en ’n DA-LP.

Hy sê in drie van die DA-wyke – wyke 22, 24 en 25 – is die hoogste stempersentasies in Mangaung bereik – meer as 70%.

Hy sê verder in dieselfde drie wyke het die DA-kandidate die hoogste stemtotale van al 50 wyksraadslede bereik – meer as 5 300.

Volksblad sal die ander partye se uitslae bekend maak sodra dit bekend is.

Volksblad plaas vandag die wyke in Bloemfontein en Heidedal waarvan die uitslae nou bekend is:

In wyk 16, Heidedal, het Attie Terblanché van die DA met 2 415 stemme met ’n meerderheid van 241 oor die ANC die wyk behou.

In wyk 18 – Fauna, Uitsig, Lourierpark, Kwaggafontein, Kelly’s View, Bloemdal en Grootvlei – het Dave Mackay van die DA met 2 872 stemme gewen met 1 603 stemme oor die ANC.

In wyk 20 – Baysvalley, Kiepersol, Brandwag, Heuwelsig, ’n gedeelte van Dan Pienaar, Pentagonpark­ en Westdene –

het prof. Fief van der Merwe van die DA met 4 783 stemme gewen met 3 992 stemme oor die ANC.

In wyk 21 – Arboretum, Waverley, gedeeltes van Westdene en Dan Pienaar, Hilton en Navalsig – het Pieter Lotriet van die DA met 3 269 stemme die wyk met ’n meerderheid van 1 980 stemme oor die ANC gewen.

In wyk 22 in Langenhovenpark het Dulandi Leech van die DA met 5 611 stemme gewen met ’n meerderheid van 4 964 oor die VF+.

In wyk 23 – ’n gedeelte van Universitas, insluitende Universitas-rif, die Kovsie-kampus en Parkwes – het Tjaart van der Walt van die DA met 3 548 stemme gewen met ’n meerderheid van 1 956 stemme oor die ANC.

In wyk 24 – in Hospitaalpark, Genl. de Wet, Fleurdal en ’n gedeelte van Fichardtpark – het Dirk Kotzé van die DA met 5 309 stemme gewen met ’n meerderheid van 4 768 stemme oor die VF+.

In wyk 25 – Pellissier en ’n gedeelte van Fichardtpark – het Rossouw Botes van die DA met 5 644 stemme gewen met ’n meerderheid van 4 977 stemme oor die ANC.

In wyk 26 – Gardeniapark, Wilgehof en ’n gedeelte van Universitas – het Hennie van Niekerk van die DA met 4 862 stemme gewen met ’n meerderheid van 4 231 oor die ANC.

In wyk 44 – Bayswater, Heliconhoogte, Hillside, Olive Hill, Glen en Soutpan – het Selmé Pretorius van die DA met 4 243 stemme gewen met ’n meerderheid van 3 513 oor die ANC.

In wyk 47 – ’n gedeelte van Heidedal en Grasland, Bloem­side, Bloemspruit, Pinehaven, Raceway en Roodewal – het John de Bruin van die DA met 2 787 stemme die wyk gewen met ’n meerderheid van 331 stemme.

In wyk 48 – Bainsvlei, Groenvlei, Woodland Hills, Lillyvale en Hillsboro – het Johan Pretorius­ van die DA met 4 787 stemme die wyk gewen met ’n meerderheid van 3 647 oor die ANC.

Meer oor:  Da  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.