SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Verkiesing
Truman Prince ontruim sy kantoor in Beaufort-Wes
Truman Prince, uittredende burgemeester van Beaufort-Wes. Foto: Peter Abrahams

Truman Prince, die omstrede burgemeester van Beaufort-Wes, is ná nege jaar uit die kussings gelig en gaan om 10:00 Vrydag sy kantoor ontruim.

Dit volg ná suksesvolle koalisieonderhandelings tussen die DA en die Karoo Democratic Force (KDF) wat gaan saamwerk om ’n koalisieregering te vorm. Die KDF het een setel.

Prince is sedert 2007 die burgemeester van Beaufort-Wes – die kroonjuweel van die Sentraal-Karoo-streek.

Thersia Stemmet, Prince se vrou en sy persoonlike assistent, het Vrydagoggend aan Netwerk24 bevestig dat Prince sy kantoor teen 10:00 gaan ontruim.

“Geluk aan die DA en KDF, ek hoop julle kan Beaufort-Wes vorentoe vat,” het sy laat Donderdagaand op Facebook geskryf.

Thershia Stemmet, se Facebookplasing oor die DA en KDF se koalisieooreenkoms. Foto: Facebook

Die ANC en DA was kop aan kop met ses setels elk ná verlede Woensdag se munisipale verkiesing. Die KDF was die magmaker tussen die twee groot partye, en noudat die KDF hulle by die DA skaar, gaan die ANC in die opposisiebanke sit.

Die DA en KDF hou Vrydagoggend om 11:00 ’n mediakonferensie waar die koalisieooreenkoms aangekondig word.

Intussen het ontstoke ANC-lede in die Wes-Kaap die droewige vertoning by die stembus op Faiez Jacobs, provinsiale sekretaris, gepak.

“Dit is duidelik dat die man stupid is. Hy weet nie van wat hy praat nie en hy het al die onderhandelings met kleiner partye opgeneuk deur hulle doodeenvoudig nie te erken nie,” sê ’n lid op voorwaarde van anonimiteit.

Volgens lede van die Facebookgroep “Friends of Marius Fransman” het die party ’n goeie kans gestaan om die munisipaliteite in die Karoo te regeer danksy Fransman, provinsiale leier, se goeie werk.

Hy het al die onderhandelings met kleiner partye opgeneuk deur hulle doodeenvoudig nie te erken nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.