Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Uitslae nie pak slae vir Gauteng se regering - premier

Die verkiesingsuitslae in Gauteng is nie ’n “oordeel” oor die Gautengse regering nie, het David Makhura, premier van Gauteng, Donderdag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê.

Die Gautengse regering sal nie toelaat dat hangrade in chaos verval as partye nie kan ooreenkom oor koalisies nie, sê hy.

“Munisipale regering maak ’n groot verskil in die lewe van ons burgers. Munisipaliteite moet goed bestuur word en ek is vol vertroue dat ons nuwe span plaaslike leiers dié boodskap sal verstaan,” sê Makhura.

David Makhura, Gautengse premier. Foto: Mary-Ann Palmer

“Hierdie verkiesingsuitslae is nie ’n oordeel oor wat ons as die provinsiale regering doen nie.”

Hy wil nie kommentaar lewer op die ANC in Gauteng se pak slae by die stembus nie en sê hy praat in sy hoedanigheid as premier van Gauteng en nie as ondervoorsitter van die ANC in die provinsie nie.

Hy lewer ook nie kommentaar oor menings soos die van eerw. Frank Chikane dat die Gautengse ANC vir nasionale kwessies "gestraf" is nie. Chikane het vroeër Donderdag gesê die verkeerde mense in die ANC het in die verkiesing slae gekry.

Die wil van mense moet gerespekteer word en Gautengers het hulle op die “mees demokratiese wyse” uitgespreek, sê Makhura.

Die Gautengse regering sal voortgaan om sy grondwetlike plig na te kom om seker te maak dienslewering gaan voort in die provinsie waar vier van die 11 rade hangrade is. Ekurhuleni, Tshwane, Mogale City en Johannesburg is op die spel.

“Ek doen ’n beroep op politieke partye om die belange van die mense eerste te stel in die onderhandelings sodat ons so gou as moontlik stabiele regerings in hierdie munisipaliteite kan hê.”

Hy vra ook dat diensleweringskwessies en ekonomiese ontwikkeling sentraal in hul besluite staan.

Makhura sê alle rade moet teen 20 Augustus vergader waar ’n speaker en die raadsleiers verkies moet word.

“Onstabiliteit of administratiewe verlamming sal nie in die belang van die mense of dié van die betrokke munisipaliteite wees nie,” sê Makhura.

“In pas met ons visie om Gauteng op te bou in ’n wêreldwye mededingende stadstreek, moet hangrade ondersteun word sodat dienslewering voortgaan.”

Meer oor:  Johannesburg  |  Verkiesing  |  Anc  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.