Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
Vendas, Tsongas se leiers gevra om onmin te stop
Stan Mathabatha Foto: Kenny Mathiva

’n Vergadering gaan tussen tradisionele Venda- en Tsongaleiers in Limpopo gehou word om ’n oplossing te vind vir die voortslepende onmin en geweld in die Vuwani-gebied, het Stan Mathabatha, premier van Limpopo, aangekondig.

Vuwani, wat voor die munisipale verkiesing deel geword het van die LIM345-munisipaliteit, is sowat drie weke gelede onder die beheer van die Vhembe-distriksmunisipaliteit geplaas in ’n poging om die geweld in die gebied op te los.

Dié besluit is geneem ná ’n vergadering tussen pres. Jacob Zuma, provinsiale leiers en tradisionele leiers in die gebied. Geweld het weer opgevlam en die polisie het Zuma om veiligheidsredes weggeneem voordat hy met die inwoners kon praat.

Inwoners van Vuwani wil nie die LIM345-munisipaliteit met inwoners van Malamulele deel nie. Hulle wil steeds deel van die Makhado-munisipaliteit in Louis Trichardt wees, soos voor die munisipale verkiesing.

In die nuutste verwikkeling wil inwoners van Malamulele nie dienste kry van die Vhembe-distriksmunisipaliteit nie. Hulle wil ook hê die LIM345-munisipaliteit moet onder die Mopani-distriksmunisipaliteit val, en nie onder die Vhembe-distriksmunisipaliteit nie.

Gerugte dat die onenigheid deur stamgebondenheid veroorsaak word, wil nie gaan lê nie. Daar woon hoofsaaklik Vendas in die Vhembe-distriksmunisipaliteit. Dit was destydse die tuisland Venda.

In die Mopani-distriksmunisipaliteit woon hoofsaaklik Tsongasprekendes. Dié distrik was deel van die destydse tuisland Gazankulu.

Mathabatha sê die vergadering met die tradisionele leiers moet “inklusief vir almal wees en nie gegrond op stamgrense nie”.

Die departement van plaaslike regering, tradisionele sake en menslike nedersettings in Limpopo moet ook dringend ’n plan saamstel om die LIM345-munisipaliteit se vermoë om dienste te lewer te verbeter.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, in Mei op ’n besoek aan een van die talle skole wat in Vuwani afgebrand is. Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Stan Mathabatha  |  Vuwani  |  Gevra  |  Om  |  Leiers  |  Te
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.