Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
VF Plus-vrou soek haar leer terug
Só lyk die verkiesingsplakkate wat Madelaine Dehantschutter aan't afhaal was toe haar leer gesteel is.

Die VF Plus-kandidaat wie se leer gesteel is toe sy haar verkiesingsplakkate in George van pale afgehaal het, bied nou ’n beloning van R250 aan om dit terug te kry.

“Die leer is R1 600 werd,” sê die ontstelde Madeleine Dehantschutter.

Mense kan haar by mads1218@live.co.za kontak.

Dehantschutter, wat in die munisipale verkiesing 'n kandidaat in wyk 19 was, en Gisela Weinmann, die party se burgemeesterskandidaat in George, was Dinsdag besig om hul verkiesingsplakkate te verwyder toe die leer gesteel is.

Dehantschutter sê hulle het al vroeg begin om plakkate in Yorkstraat te verwyder en is toe na Knysnaweg.

Later het hulle die leer langs die pad naby ’n winkelsentrum neergesit en by ’n winkel ingeglip.

Hulle het vroeër ook die leer langs die pad neergesit en daar was nie probleme nie. Dié keer toe hulle terugkeer, was die leer skoonveld.

Omstanders sê ’n man met ’n bakkie het glo die leer op die bakkie gelaai en weggery.

“Ons het aanvanklik gedink iemand skeer die gek met ons en dat hulle die leer wegsteek,” sê Dehantschutter.

Sy is baie ontevrede. “Dit gaan oor die beginsel. Hoe werk dit? Jy stop en gryp iemand se leer.”

Sy het ’n beroep op die skuldige gedoen om die leer terug te besorg.

“Ek sukkel nou om die plakkate af te haal, want ek het die leer nodig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.