Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing
‘Uitslae wys mense wil DA hê’
Helen Zille, Wes-Kaapse premier (links), het die Onafhanklike Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Century City, Kaapstad, Donderdag besoek om te verneem hoe die stemtellery vorder. Foto: Jason Felix

Helen Zille, Wes-Kaapse premier en voormalige DA-leier, glo die DA se vroeë sukses in die munisipale verkiesing is ’n bewys dat Suid-Afrikaners wat ’n DA-beheerde munisipaliteit beleef, “nog wil hê”.

Zille het Donderdagoggend die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se uitslagsentrum in Century City, Kaapstad, besoek om te sien hoe die stemtellery vorder.

Ek is verheug met die DA se vordering.
Helen Zille

Sy het die aandag van joernaliste en lede van politieke partye getrek toe sy stoksielalleen by die sentrum instap.

“Ek is verheug met die DA se vordering. Ons het ons meerderheid in Midvaal vergroot, en ek is baie gelukkig met die Kouga-munisipaliteit (se uitslag) in die Oos-Kaap. Ons het Kaap Agulhas gewen. Ons groei heeltyd. Dit is net ’n bewys dat waar mense ’n DA-regering beleef het, wil hulle nog hê,” het sy gesê.

Die DA het klaarblyklik die eerste Oos-Kaapse raad by die ANC afgerokkel.

Die party het volgens aanduidings Donderdag om 07:30 die Kouga-munisipaliteit se steun op hom verenig.


Die ANC het die DA in 2011 net-net daar geklop, met 49% van die stemme teenoor die DA se amper 48%.

“Mense sê dat ons ’n plafon bereik het wanneer dit kom by ons groeiende ondersteuning, maar daar was ’n groot swaai in ons guns. Dit lyk ook asof ons ANC-munisipaliteite gaan wen. Dit is net ’n bewys dat waar ons regeer, wil mense meer van ons hê. Dit is wonderlik en mag dit lank so aanhou,” sê sy.

Dit is wonderlik en mag dit lank so aanhou.
Helen Zille

Vroeë uitslae van die munisipale verkiesing vanuit die Wes-Kaap het Donderdagoggend gewys dat die DA teen 08:00 reeds die meeste van sy munisipaliteite sal behou.

Die party het ook in Swellendam, waar hy in 2011 ’n koalisieregering met die ACDP gevorm het, regstreeks gewen.

Luidens die nuutste syfers het die DA in dié munisipaliteite gewen: Bergrivier, Overstand, Swellendam en Langeberg.

In die Wes-Kaap geniet die DA volgens die stemme wat getel is tans 64% ondersteuning. Hy het reeds 182 setels en vier munisipale rade opgeraap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.