Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vliegtuig val toe betogers plantasies laat brand

Groot skade aan plantasies en 'n bosbougebied is Maandagoggend buite Witrivier aangerig nadat 'n diensleweringbetoging hande uitgeruk het toe betogers die plantasies aan die brand gesteek het.

'n Ligte vliegtuig moes 'n noodlanding uitvoer nadat die vlieënier vermoedelik deur die rook oorval is​. Hy is met beserings in 'n hospitaal opgeneem. Hy het glo oor die toneel gevlieg om inligting oor te dra oor waar helikopters water moes stort om die brande te probeer blus.

Die skade beloop volgens ooggetuies miljoene rande.

Inwoners van gebiede buite Witrivier het na wat verneem word betoog omdat die munisipaliteit nie water aan hulle wil verskaf nie. Die betoging het glo al in die nag begin en 'n polisiebakkie wat opgedaag het, is met klippe bestook.

Die betoging het later die oggend hand uitgeruk toe die woedende betogers die plantasies aan die brand gesteek het.

Na wat verneem word het die situasie laatoggend gekalmeer.

Dié ligte vliegtuig moes 'n noodlanding uitvoer nadat die vlieënier vermoedelik deur rook oorval is. Foto Verskaf.
So lyk die pad tussen Kabokweni en Witriver nadat inwoners van Mbonetswni plantasies aan die brand gesteek het en paaie met klippe versper het. Foto’s: Pieter van Zyl
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.