Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vryduiker slaan rekord los
SA se Sophia van Coller trotseer 53 m-diepte in Egipte
Die Suid-Afrikaanse vryduiker Sophia van Coller (links) het ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord van 53 m opgestel. By haar is die Oostenrykse duiker Karen Gee. Foto: Verskaf

KAAPSTAD. – Om jou bewussyn in vlak water te verloor en rond te dobber met bloeiende longe is genoeg om die meeste mense die hasepad te laat kies.

Die Kaapse vryduiker Sophia van Coller het egter al dié gevare getroef toe sy 53 m diep geduik en ’n nuwe nasionale rekord opgestel het.

Van Coller het Sondag in die jaarlikse Free Dive-kompetisie in Dahab, Egipte, die rekord van 48 m verbeter deur sonder enige asemhalingsapparaat 53 m diep teen ’n tou af en weer op te swem.

“Sondag het sake baie goed verloop. Wanneer jy verby die 40 m-merk kom, word alles heeltemal gefokus en verloor jy jouself in die donkerblou massa,” het Van Coller uit Egipte vertel.

Van Coller het gesê sy het sedert die begin van die jaar besonder hard geoefen, en dat sy haar duikdiepte binne ’n periode van twee weke van 30 m tot 52 m verbeter het.

“Dit is belangrik om jou asemhalingstegnieke te oefen. Ek doen baie kardio- en gewigoefeninge om my fiks te hou, en doen ook gereeld joga om my longe te versterk.”

Dr. Rob Schneider van die Pretoria-Oos-hospitaal se hiperbariese eenheid het gesê vryduikers moet spesifiek oefeninge doen wat hul anaërobiese fiksheid versterk wanneer daar geen suurstof is nie. Ten spyte van die duikers se strawwe oefenprogramme, bly die sport gevaarlik.

“Wanneer ’n duiker so diep soos 50 m duik, is daar ’n bykomende ses eenhede druk op die duiker se longe en blaas hulle nes ’n ballon af. Dié veranderinge kan die middeloor, sinusse en longe onder druk plaas.

Wanneer ’n duiker so diep soos 50 m duik, is daar ’n bykomende ses eenhede druk op die duiker se longe en blaas hulle nes ’n ballon af.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.