Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ware Jakob vir Ballade

Dit is altyd lekkerder as jou stel die ware Jakob is.

So het Dries Scholtz, lynvervaardiger van die rolprent Ballade vir ’n Enkeling, Sondag gesê.

“Om by ’n regte nuuskantoor te kan skiet, is ’n reuse-voorreg, dit maak die film nog meer realisties,” het Scholtz gesê.

Die rolprent word tans by City Press se nuuskantoor in Mediapark, Aucklandpark verfilm.

City Press is nou ons rolprent se fiktiewe koerant, Montage, se nuuskantoor. Dit is die tabloidkoerant waar Carina Human (DonnaLee Roberts) werk. Maar eintlik smag sy daarna om by ’n meer ernstige koerant, soos Rapport, te werk.”

Volgens Scholtz gaan hulle Maandag by Beeld en Rapport se nuuskantoor verfilm, waar Roberts ’n afspraak met Anel Alexander se karakter sal hê.

“Ons wil daardie regte werkende gevoel verfilm, ons wil wys hoe besig ’n nuuskantoor is.”

Ballade vir ’n Enkeling, wat binnekort klaar geskiet gaan word, is volgens Scholtz reeds ’n goeie produk.

“Die akteurs se spel, die stel, die produksiespan is almal uitstekend. Dit het al ons verwagtinge oorskry. Ek dink dit kan volgende jaar se rolprent van die jaar wees.”

Ballade vir ’n Enkeling gaan in Maart 2015 op die silwerskerm draai.


Die akteurs Melt Sieberhagen (agter), DonnaLee Roberts (regs) en Zak Hendrikz (voor) op die stel van 'Ballade vir ’n Enkeling' wat Sondag en Maandag by Mediapark in Aucklandpark, Johannesburg verfilm word. Foto: Nelius Rademan

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.