Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Water: ‘SA het dalk 20 m. meer mense’
Foto ter illustrasie: istockphoto.com

Daar is dalk 70 miljoen mense in Suid-Afrika en nie 51,8 miljoen soos die 2011-sensus getoon het nie.

Die meeste mense woon in Gauteng en is van Rand Water vir hul drink- en waswater afhanklik.

Prof. Eric Nealer, hoogleraar in publieke administrasie en bestuur aan Unisa, het verlede week gesê hy meen in die sensus wat in 2011 onderneem is, is bykans 20 miljoen mense minder getel as wat werklik in die land is. Hy wou weet hoe Rand Water akkurate vooruitbeplanning kan doen as hy aan “miljoene meer mense” water moet voorsien as waartoe hy in staat is.

Rand Water en min. Nomvula Mokonyane, minister van waterwese, het die waterkrisis in Gauteng verlede week toegeskryf aan opeenvolgende kragonderbrekings en ’n “tegniese fout” (glitch).

Nealer het gesê watervoorsiening is baie meer kompleks as wat Rand Water, munisipaliteite of die minister besef.

Hy meen Rand Water se pompstasies, pypleidings, kragkabels en reservoirs behoort tot nasionale sleutelpunte verklaar te word wat dag en nag bewaak word. Daar moet noodkragopwekkers beskikbaar wees sodat reservoirs nie leegloop nie.

Volgens Nealer skiet beplanning ver te kort en word pypleidings aangelê waarvan die deursnee heeltemal te klein is om hoë druk te kan hanteer. Gevolglik bars pype.

Hy meen Suid-Afrikaners betaal te min vir water en heg daarom nie waarde daaraan nie.

’n Akademikus aan ’n waterinstelling wat anoniem wil bly, het gesê swart ekonomiese bemagtiging (SEB) lei tot Rand Water se ondergang.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.