Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
1 000 kaartjies uitgeloot na diens vir Hawking

Geluk het nie baie met wetenskap te doen nie, maar ondersteuners wat Stephen Hawking se huldigingsdiens wil bywoon, sal daarop moet staatmaak.

Die beroemde wetenskaplike se familie het besluit om 1 000 kaartjies vir die diens in die Westminster-abdy aan die publiek beskikbaar te stel.

Stephen Hawking Foto: Getty Images

Die 1 000 sitplekke sal, soos ’n lotery, ná ’n geluks­trekking toegeken word.

Belangstellendes kan aanlyn daarvoor registreer by stephenhawkinginterment.com.

Die Britse kosmoloog sal veras word en sy as sal ná die diens op 15 Junie tussen die grafte van sir Isaac Newton en Charles Darwin in die Westminster-abdy gebêre word.

Aanhangers wat nie gelukkig genoeg is om die diens by te woon nie, kan die graf wel later gratis besoek.

Hawking is op 14 Maart dood. – News24

Meer oor:  Stephen Hawking  |  Kaartjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.