Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
1 600 Amerikaanse troepe na Washington DC ontplooi

Die Pentagon het ongeveer 1 600 Amerikaanse troepe na die Washington DC ontplooi ná etlike nagte van gewelddadige betogings in die stad.

Amerikaners betoog oor die dood van George Floyd (46), ’n swart man, in polisieaanhouding verlede week. Betogings het oor die afgelope week gewelddadig geraak en pres. Donald Trump het Maandag gedreig dat hy die weermag in state sal ontplooi om die betogings onder beheer te bring.

Jonathan Rath Hoffman, Pentagon-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die troepe is op die militêre basisse in die streek, maar nie in Washington DC self nie.

Die troepe sluit in die militêre polisie, diegene met ’n ingenieursagtergrond asook ’n infanteriebataljon.

Hoffman het gesê die troepe is op ’n “verhoogde paraatheidstatus”, maar is nie deel van die burgerlike owerhede se verdedigingsoperasies nie. – Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.