SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Wêreld
1 dood, 5 gewond in skietery by hoërskool in Kalifornië
Voertuie van die polisie en nooddienste voor die Saugus-hoërskool in Santa Clarita, Kalifornië, ná ’n skietery Donderdag waar vyf mense gewond is. Foto: NBCLA via REUTERS

Een mens is dood en minstens vyf gewond in ’n skietery by ’n hoërskool in Santa Clarita, Kalifornië, noord van Los Angeles, het amptenare bevestig.

’n Verdagte wat beskryf is as ’n Asiese man in swart klere is deur die owerhede vasgetrek en is “nie meer ’n bedreiging nie”, het MSNBC berig.

Reuters kon dit nie onafhanklik bevestig nie.

Die skietery dra die kenmerke van nóg ’n massa-skietvoorval wat die laaste paar jaar die debat oor vuurwapenbeheer en die grondwetlike reg om vuurwapens te besit, verskerp het.

“Ons het twee pasiënte in ’n kritieke toestand en nog drie is op pad,” het die Henry Mayo-hospitaal getwiet.

“Dit is steeds ’n baie aktiewe situasie. Daar is sprake van vyf slagoffers wat behandel word. Ouers, wetstoepassers is oral op die toneel om jul kinders te beskerm,” het die Santa Clarita Valley-polisie getwiet.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.