Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
10 dood toe vliegtuig in loods vasvlieg

Tien mense is Sondag dood toe ’n ligte vliegtuig kort ná opstyging in ’n vliegtuigloods by ’n munisipale lughawe in die Amerikaanse deelstaat Texas vasgevlieg en aan die brand geslaan het.

Die tweemotorige vliegtuig, wat onderweg was na die deelstaat Florida, het heeltemal uitgebrand.

Die vliegtuig het omstreeks 09:00 plaaslike tyd opgestyg.

Dallas Morning News berig die vliegtuig het pas by die Addison-lughawe opgestyg toe dit skielik links gedraai en in die loods vasgevlieg het.

Darci Neuzil, adjunkdirekteur van die lughawe, het bevestig al tien mense aan boord is dood. – Reuters


Meer oor:  Texas  |  Vliegtuigongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.