Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
10-jarige sterf ná amoeba-infeksie

* Lily Mae Avant is intussen in die hospitaal dood, het haar ouers in 'n verklaring bevestig, het plaaslike media berig. Haar tante, Wendy Scott, het 'n huldeblyk op Facebook gedeel.


’n Tienjarige meisie van die Amerikaanse deelstaat Texas veg om haar lewe nadat sy ’n vleisetende amoeba-infeksie opgedoen het deur in die Brazonrivier naby Waco te swem.

Lily Mae Avant Foto: Facebook

Dokters vermoed Lily Mae Avant is geïnfekteer deur die meestal dodelike Naegleria fowleri-virus toe sy op 1 Mei in die rivier geswem het, berig KWTX-TV volgens FoxNews.

Lily Mae het ’n paar dae nadat sy in die Waco geswem het, koors en kopseer gekry. Dit het gelyk of sy die simptome van ’n gewone virusinfeksie het.

Een nag het haar ma geluide uit haar dogter se kamer gehoor wat haar bekommer het. Lily Mae het deurmekaar gepraat en het op niks gereageer nie.

Sy is na ’n hospitaal se noodeenheid geneem en daarna met ’n helikopter na die Cook-kinderhospitaal in Forth Worth gebring. Vloeistof uit haar rugmurg is ontleed en daar is gevind sy het naegleriasis opgedoen, ’n seldsame infeksie wat van die amoeba af kom.

Die amoeba, wat natuurlik voorkom in vars water, is nie lewensgevaarlik as dit per ongeluk ingesluk word nie. Tog is dit dikwels dodelik as dit die liggaam deur die neus binnekom, luidens die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming, berig The New York Post.

“Dit is enige ouer se ergste nagmerrie. Ons kan nie verstaan dat dit juis met haar moes gebeur het terwyl daar die dag so baie ander mense in dieselfde rivier was nie,” sê haar tannie Crystal Warren.

Wendy Scott, nog ’n tannie van Lily Mae, sê die familie gee haar op die oomblik wat sy nodig het al kan dokters niks meer doen nie – en dit is om sterk te bly.

“Ons is baie sterk. Ons weet dit is wat sy nodig het. En dit is wat mamma en pappa ook nou nodig het,” het Scott volgens cbsdfw.com gesê.

Die Avant-familie vra dat daar vir hulle gebid word terwyl hul aan Lily Mae se sy bly. Hulle glo vas sy sal die vyfde persoon sedert 1962 word wat die amoeba-infeksie oorleef.

Meer oor:  Texas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.