Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
$10 miljoen vir superryk Noorweër se vrou geëis

Die vrou van ’n Noorweegse multi-miljoenêr word al maande lank vermis nadat sy ontvoer is en ’n losprys van $10 miljoen vir haar vrylating geëis word.

Anne-Elisabeth Falkevik Hagen Foto: Facebook

Die polisie het in sy ondersoek ’n lae profiel gehandhaaf, maar nou besluit om dit openbaar te maak in die hoop om leidrade te kry, berig CNN.

Anne-Elisabeth Falkevik Hagen (68) het op 31 Oktober naby haar huis in Oslo verdwyn, berig die BBC.

Volgens The Guardian is sy die vrou van Tom Hagen, ’n eiendomsmagnaat.

NRK, ’n plaaslike uitsaaier, sê die ontvoerders eis die losprys in monero, ’n kripto-geldeenheid soortgelyk aan bitcoin.

Insp. Tommy Brøske het aan die media gesê die ontvoerders, wat die losprys eis, maak ernstige dreigemente.

Volgens hom vermoed die polisie dat die ontvoerders Hagen uit haar huis in Lørenskog, sowat 20 km vanaf Oslo, ontvoer het.

Haar man is volgens Kapital, ’n saketydskrif in Noorweë, die land se 172ste rykste mens. Sy rykdom beloop sowat $200 miljoen.


Meer oor:  Noorweë  |  Losprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.