Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
10 mooiste oomblikke van Biden se inhuldiging

Die begin van die Biden-Harris-administrasie het Woensdag vir ’n paar hoendervel-oomblikke gesorg. Hier is Netwerk24 se top-fotokeuse.

Joe Biden is Woensdag tydens ’n inhuldigingseremonie op Capitol Hill in Washington beëdig as die 46ste president van Amerika. Langs hom is sy vrou, Jill, dogter, Ashley Biden, en seun, Hunter Biden. Foto: AP
Oudpres. Barack Obama en Kamala Harris groet mekaar voordat die plegtigheid begin waartydens sy as visepresident beëdig is. Foto: Reuters
Dit het nie lank geneem vir oudpres. George W. Bush (links) en die voormalige presidentsvrou, Michelle Obama (regs), om mekaar op Capitol Hill te vind nie. Sen. Nancy Pelosi, speaker van die Huis van Verteenwoordigers, staan langs oudpres. Barack Obama. Foto: AP
’n Geskiedkundige oomblik. Kamala Harris word beëdig as die eerste vroulike visepresident in die Amerikaanse geskiedenis. Haar man, Doug Emhoff, het die Bybel vasgehou waarmee sy beëdig is. Foto: Reuters
Joe Biden hou sy regterhand op sy bors terwyl Lady Gaga die Amerikaanse volkslied sing. Hy is ná die sing van die volkslied in sy amp as Amerikaanse president beëdig. Foto: Reuters
Die sanger Garth Brooks het ’n hoendervel-weergawe van ‘Amazing Grace’ tydens die inhuldigingseremonie uitgevoer. Foto: Reuters
Visepres. Kamala Harris en haar man, Doug Emhoff, waai vir die uittredende visepres. Mike Pence en sy vrou, Karen, buite die Amerikaanse kongresgebou. Pence het die inhuldiging bygewoon, anders as die uitgaande president, Donald Trump, wat vroeër Woensdag reeds uit die Withuis vertrek het. Foto: AP
Vanjaar se plegtigheid het weens veiligheidsredes en die koronaviruspandemie sonder derduisende toeskouers plaasgevind. Pres. Joe Biden lewer sy eerste toespraak as president. Die teleleser met sy woorde oor nasionale eenheid kan voor hom gesien word. Foto: AP
Jill Biden sit haar arms op haar man, die nuwe president, se skouers tydens die plegtigheid. Foto: Reuters
Joe Biden vuis in die lug oomblikke nadat Kamala Harris beëdig is. Harris glimlag vir haar man, Doug Emhoff, wat met sy rug na die kamera staan. Foto: AP
Meer oor:  Vsa  |  Joe Biden  |  Kamala Harris  |  Inhuldiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.