Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
11 dood ná 2 skietvoorvalle in Duitsland

’n Onbekende getal aanvallers het Woensdagaand op twee kuierplekke in Hanau, ’n dorp naby Frankfurt, losgebrand en talle mense doodgeskiet.

Volgens die polisie is nege mense in die aanvalle self dood terwyl nog twee lyke later in een van die vermeende skieters se woonstel gekry is, berig The Guardian.

Die polisie en spesiale polisiemagte het ná die skietery ’n reuse-soektog na die verdagtes geloods nadat hulle in ’n motor van die twee tonele gevlug het.

Ure ná die skietery het die polisie gesê hulle het een van die vermeende skieters se lyk in ’n woonstel gevind. Nog ’n lyk, wat nog nie geïdentifiseer is nie, is ook in die woonstel gekry, berig Sky News.

Die plaaslike media berig die skieters het op twee kuierplekke waar mense waterpype kan rook, Midnight en die Arena Bar & Cafe, losgebrand voordat hy gevlug het.

Volgens voorlopige inligting het die skieters eerste op die kuierplek in Hanau se middedorp losgebrand en drie mense daar doodgeskiet voordat hulle na die Kesselstadt-buurt gery en vyf mense by die tweede kuierplek doodgeskiet het.

Minstens vyf mense is baie ernstig in die skietery beseer.

Daar is aanvanklik berig dat agt mense in die aanvalle dood is, maar die polisie het die dodetal later bygewerk. Dit is nie seker of die negende persoon een van die ernstig beseerdes is wat later aan sy wonde beswyk het nie, berig The GuardianReuters

Die polisie in Duitsland het ’n reuse-soektog van stapel gestuur nadat skieters Woensdagaand op twee kuierplekke losgebrand het. Foto: Reuters
Forensiese kenners werk op die toneel nadat agt mense in twee verskillende kuierplekke doodgeskiet is. Foto: Reuters

Meer oor:  Skietery  |  Duitsland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.