Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
12 feite oor Notre-Dame

12 feite oor die Notre-Dame-katedraal wat Maandagaand grootliks in puin gelê is deur 'n verwoestende brand.

Die twee kloktorings van die Notre-Dame-katedraal was teen Maandagaand laat nog staande. Foto: Reuters

1. Die Notre-Dame de Paris is ’n Middeleeuse Katolieke katedraal in Parys, Frankryk.

2. Dit word beskou as die hart van Parys.

3. Die katedraal is een van die beste voorbeelde van die Frans Gotiese argitektuur.

4. Konstruksiewerk is in 1163 begin en het tot 1345 geduur.

5. Die katedraal is 130 m lank, 48 m breed en 35 m hoog.

6. Die roosvensters se deursnee is 10 meter.

7. Die tweeling-kloktorings is 69 m hoog en het 387 trappe

8. Dele van die kerk is in die Franse revolusie verwoes, en eers in 1870 herstel.

9. Die kerk is daarna tot die einde van die 20ste eeu grootliks onveranderd gelaat totdat groot restourasie- en skoonmaakwerk begin is.

10. Napoleon het in 1804 pous Pius VII na Parys genooi om hom in die Notre-Dame te kroon as keiser. Op die laaste minuut het Napoleon die kroon uit die pous se hande gegryp en homself gekroon.

11. Die huidige restourasiewerk het 6 miljoen euro beloop.

12. Die katedraal was die huis van ’n woud. Die dak is uit hout gemaak en dateer van die 12de eeu. Die houtraamwerk van die katedraal is uit meer as 1 300 bome gemaak. Elke balk is uit een boom gemaak.

Bronne: BBC, CNN, Wikipedia, www.discoverwalks.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.