Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
13 Franse soldate sterf 'vir Mali, vir vryheid'

Dis ’n ongeluk wat die verlies aan lewens beklemtoon van Frankryk se betrokkenheid by pogings om terroriste uit die Sahel-streek van Wes-Afrika, wat net onder die Sahara-woestyn geleë is, te dryf.

Altesaam 13 Franse soldate is Maandagaand in ’n ongeluk dood toe ’n Tiger-aanvalshelikopter en ’n Cougar- veeldoelige helikopter in mekaar vasgevlieg het.

“Daar was twee ontploffings en die helikopters het nie ver van mekaar af nie die grond getref. Niemand aan boord het oorleef nie,” het genl. Francois Lecointre, stafhoof van die leër, op ’n nuuskonferense gesê.

Soldate op die grond was vir dae lank op die spoor van ’n groep militante, en dit het uitgeloop op ’n konfrontasie Maandagaand.

Met sonsondergang het die koeëls begin vlieg en lugversterkings is ingeroep.

Emmanuel Macron, president van Frankryk, het sy “diepste hartseer” uitgespreek met die verlies en gesê sy regering gaan nie terugtree in die stryd teen terrorisme nie.

Frankryk, die voormalige koloniale mag in die streek, is sedert 2013 hier betrokke by teenterreur-operasies.

Daar is tans 4 500 Franse troepe ontplooi, en in totaal het 38 Franse soldate reeds omgekom in teenterreur-gevegte.

Soos vroeër berig, is tien vredesvegters van die VN in Januarie vanjaar in Mali dood in ’n geveg met militante.

Die stryd het ook reeds die lewe van duisende burgerlikes en plaaslike soldate geëis. In die laaste twee maande alleen is meer as 100 plaaslike soldate dood.

Ibrahim Boubacar Keita, president van Mali, het sy medelye in ’n boodskap aan Macron oorgedra.

“Hulle het vir Mali gesterf, hulle het vir Sahel gesterf, hulle het vir vryheid gesterf. Reuters

Die 13 Franse soldate wat in Mali dood is nadat twee helikopters Maandagaand in die lug gebots het. Hulle is Julien Carrette, Benjamin Gireud, Romain Salles de Saint Paul, Clement Frisonroche, Nicolas Megard, Romain Chomel de Jarnieu, Pierre Bockel, Alex Morisse, Jeremy Leusie, Alexandre Protin, Antoine Serre, Valentin Duval en Andrei Jouk. Foto: Ministere des Armees via Reuters


Meer oor:  Frankryk  |  Terreur  |  Mali
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.