Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Dodetal styg ná vliegtuig se noodlanding

Die dodetal kan styg nadat ’n vliegtuig van die Russiese lugdiens Aeroflot Sondag in vlamme ’n noodlanding op ’n Moskouse lughawe gedoen het.

Aanvanklike berigte het gemeld dat niemand in die voorval op die aanloopbaan van die Sjeremetiewo-lughawe dood is nie, maar later die aand is bevestig dat 41 mense gesterf het.

Altesame 78 mense was glo aan boord.

Op beeldmateriaal op sosiale media kon gesien word hoe die stertgedeelte van die vliegtuig in vlamme gehul was met die noodlanding.

Die vliegtuig het na berig word weens tegniese redes teruggedraai na die lughawe. – Bronne: SkyNews, BBC, RT.com en CNN.

Die Aeroflot-vliegtuig op die aanloopbaan van die Sjeremetiewo-lughawe in Moskou. Foto: Reuters/Verskaf

Meer oor:  Vliegtuigongeluk  |  Noodlanding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.