Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
15 dood, 70 beseer nadat treinbrug in Mexiko ineenstort

Minstens 15 mense is Maandagaand in Mexikostad in Mexiko dood, terwyl 70 mense beseer is nadat ’n spooroorbrug waarop ’n trein was op verkeer neergestort het.

Minstens 15 mense is dood nadat ’n trein op ’n spooroorbrug op verkeer neergestort het. Foto: Reuters

Die owerhede sê die brug, waarop ’n metrotrein was, het op ’n pad neergestort.

Dramatiese beeldmateriaal wat op die plaaslike kanaal Milenio TV uitgesaai word, wys hoe die trein op karre neerstort.

Noodpersoneel soek in die puin na beseerdes. Foto: Reuters

Video’s wat op televisie en sosiale media gedeel word, wys hoe noodpersoneel en brandbestryders na oorlewendes in die puin soek.

Claudia Sheinbaum, Mexikostad se burgemeester, sê 15 mense is dood, terwyl ’n motor onder rommel vasgekeer is.

Sheinbaum het op Twitter bevestig dat sy op die toneel is en dat daar dooie mense en beseerde mense is. – Reuters

Meer oor:  Mexiko  |  Dood  |  Treinbrug  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.