Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
16 dood in vloede in China

Minstens 16 mense is dood te midde van stortreën wat oor die sentrale provinsie van Henan in China uitgesak het en grondstortings en vloede veroorsaak het. Die ondergrondse treinspoor van die stad Zhengzhou is ook gedeeltelik oorstroom.

Sowat 200 000 inwoners is vanaf Woensdag ontruim terwyl soldate die reddingspoging gelei het in Zhengzhou met sy meer as 10 miljoen mense.

Die reën, wat dae lank aangehou het, het strate en die ondergrondse spoorstelsel oorstroom, het plaaslike regeringsbeamptes gesê, volgens Al-Jazeera.

RNZ berig derduisende mense is ontruim en is tans in skuilplekke. Meer as ’n dosyn stede is geraak, met hoofpaaie wat gesluit moes word en vlugte wat gekanselleer is.

Baie faktore het bygedra tot die oorstromings, maar klimaatsverandering maak uiterste reënval waarskynlik.

Plasings op sosiale media wys strate wat geheel en ander onder water is terwyl motors en puin in die vinnig bewegende vloedwaters dryf. BBC berig ’n aantal voetgangers moes ook gered word.

Pres. Xi Jinping het Woensdag erken daar is aansienlike lewensverliese en skade aan eiendom. Al-Jazeera, RNZ, BBC


Meer oor:  China  |  Vloede  |  Reën  |  Ontruim
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.